
=====================================================================
Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesser (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse

Machelle Shepherd vertel van die speletjies wat haar help om leerders van Afrikaans as tweede taal vir die leerproses te wen.

Ek is 'n onderwyser van Afrikaans as tweede taal in KwaZulu-Natal. Jare gelede moes ek die besluit neem: f om my lesse op te kikker f om 
die onderwys te verlaat, want ek kon die lang gesigte in my klaskamer nie meer verdra nie. Ek wou 'n positiewe atmosfeer skep, sodat dit 
lekker vir my leerders is om na my klas te kom. Dis toe dat ek speletjies begin uitdink het, want almal geniet speletjies waar sowel geluk 
as 'n sekere mate van bekwaamheid 'n rol speel.

Taalonderwysers weet hoe moeilik dit is om 'n nuwe taal te leer. Dit kos sweet en trane, en oor 'n lang tydperk sowel die leerder as die 
onderwyser se toewyding.

Die aanleer van 'n tweede en 'n derde taal vereis baie drilwerk en herhaling en dit haal partykeer die pret uit die leer. Leerders hoor 
dikwels eintlik net in die klaskamer die tale wat hulle moet leer, en vergeet daarom hulle woordeskat baie vinnig. Die onderwyser moet 
geleenthede skep om die woordeskat en strukture oor en oor te herhaal. Dit kan deur middel van speletjies gedoen word.

Ek het onlangs 'n speletjie laat druk waardeur woordeskat en kommunikatiewe taalfunksies op 'n prettige manier geleer kan word. Leerders 
van sowel die primre as die hor skool kan hierdie speletjie gebruik. In my skool, waar ek geksperimenteer het, het leerders van graad 5 
tot matriek dieselfde woordeskat-uitbreidingspeletjie gespeel en almal het nuwe woorde geleer.

Die speletjie se naam is "Kosklitskaartjies" en die woordeskat pas baie goed in by 'n kostema in die klaskamer. Die speletjie bestaan uit 
ses koskategorie: groente, vrugte, drinkgoed, soetgoed, vleis en suiwelprodukte. In elke kategorie is daar ses items, dus is daar 36 
kaarte in 'n pak. Leerders speel in groepies van drie tot ses leerders.

Die groepwerkkonsep skep baie geleenthede vir leer. Ek praat nie net van akademiese leer nie, maar ook van die ontwikkeling van 
interpersoonlike vaardighede, onderhandelings-, ondersteunings- en leierskapvermons. Kinders wil met mekaar kommunikeer, maar talle kere 
op 'n dag s 'n onderwyser: "Bly asseblief stil en luister na my!"

Wanneer kinders die kaartspeletjie speel, kan hulle lekker kommunikeer en vir mekaar s: "Bly stil en luister, anders gaan julle nie weet 
wat aangaan nie!"

In elke pak kaarte is instruksies wat al die maniere verduidelik om die kaarte te gebruik.Terwyl die leerders met die Kosklitskaartjies 
speel, is dit die onderwyser se taak om rond te loop en seker te maak dat die leerders die kommunikatiewe taalfunksies reg gebruik, soos: 
"Mag ek asseblief die piesang in die vrugtekategorie kry?", en die negatief wanneer iemand nie 'n kaartjie aan 'n maat kan oorhandig nie: 
"Nee, ek is jammer, ek het nie daardie kaart nie."

Hieronder is die kaarte: die woord boaan is die kategorie. Onderaan staan ses woorde. Die kleurwoord verteenwoordig die kosprentjie. Die 
res dui die vyf woorde aan wat 'n leerder moet vind om die kategorie vol te maak. Die kaarte is in helder kleure, ongelukkig moes hulle 
hier swart/wit gedruk word.

As die leerders voordat hulle die speletjie speel eers met die woordeskat vertroud moet raak, kan die onderwyser "Bingo" deur middel van 
die kaartjies met hulle speel. Die onderwyser lees woorde hardop uit en die leerders luister en lees die woord op die kaarte voor hulle. In 
plaas daarvan om "Bingo" te skreeu, kan hulle iets anders hardop s soos: "Kaart!"

Nog 'n speletjie om woorde in te skerp, is die "geheuespeletjie". Leerders wat vroeg met hulle werk klaar is, kan twee pakkies kaarte neem 
en "Snap" speel. Hulle kan 'n ander woord hardop s in plaas van "Snap", byvoorbeeld die naam van die produk: "Aartappels!"

Nog 'n lekker manier om te speel is om vir mekaar 'n maal te beskryf met die kaarte wat hulle voor hulle kry, byvoorbeeld: "Ek het 
pampoen(sop) vir voorgereg gehad, daarna het ek " ensovoort. Die leerder wat al sy kaarte kan gebruik vir 'n lekker maalbeskrywing, is die 
wenner van die rondte.

Die ander temas wat vir hierdie speletjie beskikbaar sal wees, sal die volgende dek: vervoer, die huis, diere, liggaamsdele en beroepe.'n 
Onderwysersgids sal die ses temas vergesel, sodat onderwysers 'n bron van lesidees, taalstrukture en aanwysings ontvang oor hoe om die 
verskillende temas bymekaar te laat aanskakel. Dit verskaf 'n hele kwartaal se voorbereide lesse. Machelle Shepherd se kontakbesonderhede 
is: Tel/Faks: 031-2627257; selfoon: 083 708 7109; e-pos: shepherdn@mjvn.co.za.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7427.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

